Oudste Geingob-seun bring hulde aan vader

Wyle president Hage Geingob se eersgebore seun, Mangaliso Toure Fernandez Geingob, het sy pa se nagedagtenis tydens die gedenkdiens by die Onafhanklikheid-stadion geëer. Mangaliso, wat in Amerika woon, het sy vader se onbaatsugtigheid geprys en optimisme uitgespreek oor Namibië se toekoms. Hy glo sy pa se gees sal onder Namibiërs voortleef. Geingob is op 4 Februarie vanjaar oorlede na ‘n stryd teen kanker. Hy het as Namibië se derde president gedien sedert 2015, en tot met sy dood vroeër die maand.