Oudkaptein van Welwitschias gee vooruitsigte vir Wêreldbeker

Rugby: Die Vodacom Blou Bulle het die Windhoek Draught Welwitschias met 43-30 by die volgepakte Vegkop-stadion by Windhoek Hoërskool geklop. Die halftyd-telling was 19-13 in die Bulle se guns. Die oudkaptein van die Welwitschias Jacques Burger was ook by die wedstryd om Namibië te ondersteun. Hy het met Jessica Thomas van Kosmos 94.1 Sportnuus gesels oor die Namibiese span se vooruitsigte by die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk…