Oudits oor Covid-verligtingskema in SA gedoen

Die Suid-Afrikaanse Werkloosheids-versekeringsfonds sê dit sal nou verder sy oudits oor die Covid-verligtingskema verskerp om soveel as moontlik fondse, wat tydens die implementering van dié skema gesteel is, terug te vind. Ouditeurs is tans besig om duisende besighede regoor die land te besoek om seker te maak dat dié noodfondse, wat deur besighede van die verligtingskema geëis is, wel by werknemers wat hul inkomste tydens die inperkings verloor het, bereik het. Fritz Platt gesels uit Kaapstad met Kosmos 94.1 Nuus…