Oud-werknemers van Air Namibia oorhandig weer petisie aan parlement

Voormalige werknemers van Air Namibia, onder leiding van Renier Bougaard, het vandag in die hoofstad ‘n tweede petisie aan die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, oorhandig. Dit volg nadat die oud-werknemers in November verlede na die bankrot redery se voormalige hoofkwartier opgeruk en buite die gebou gekamp het om te eis vir die volle betaling van hul skeidingspakkette. Die groep het hulle toe tot die Nasionale Vergadering gewend en op 7 November verlede jaar ‘n petisie by die parlement ingedien. Oud-werknemer Bougaard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle volg die prosesse, stelsels en instellings maar hulle word elke keer in die steek gelaat.