Oud-weermaghoof, generaal Georg Meiring sterf

Generaal Georg Meiring, wat van 1983 tot 1987 die bevelvoerende generaal van die Suidwes-Afrika gebiedsmag was, is in die ouderdom van 85 dood. Hy het ‘n beduidende rol in die destydse grensoorlog gespeel. Sy familie het aangekondig dat hy Dinsdagaand in sy huis in Pretoria oorlede is. Besonderhede oor sy begrafnis en gedenkdiens sal later bekendgemaak word. Hy was die laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en is in 1994 deur oud-president Nelson Mandela aangestel as die eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.