Oud-speler Oram is Swart Pette se nuwe boul-afrigter
Krieket: Die oud-veelsydige Nieu-Seelandse speler Jacob Oram is van die begin van Oktober af aangestel as die land se boul-afrigter. Hy vervang Shane Jurgensen, wat weg is na verlede jaar se eendag Wêreldbeker. Die 46-jarige Oram het vir meer as elf jaar vir die Swart Pette gespeel in 33 toetse, 160 eendagwedstryde en 36 T20s. Hy het vier-duisend-688 lopies aangeteken en altesaam 252 paaltjies platgetrek. Hy sê dit beteken vir hom baie om terug te wees by die span wat ‘n groot deel van sy lewe was en beskryf die aanstelling as ‘n eer.