Oud-SA finansminister Tito Mboweni sterf op 65
Die voormailge Suid-Afrikaanse finansminister en president van die Reserwebank, Tito Mboweni, is op 65-jarige ouderdom oorlede. Sy familie het laat Saterdagaand in ‘n verklaring gesê hy is na ‘n kort siekbed in ‘n Johannesburgse hospitaal oorlede. Hy was omring van sy geliefdes. Mboweni was die eerste swart president van die Reserwebank, as opvolger vir Chris Stals in 1999, en het ‘n dekade lank gedien. Voor dit het hy van 1994 tot 1999 in Nelson Mandela se Kabinet gedien as minister van Arbeid.