Oud-premier van Pakistan verskyn in hof

Die voormalige Pakistanse eerste minister, Imran Khan het van sy huis in Lahore vertrek om in Islamanad in die hof te verskyn. ‘n Hoë hof in Pakistan het vroeër die lasbrief vir sy inhegtenisneming teruggetrek sodat hy kan reis. Hy het herhaaldelik nie in die hof opgedaag nie. Khan staan tereg op aanklagte dat hy onregmatig geskenke wat hy as staatshoof ontvang het, verkoop het. Hy ontken die bewerings teen hom. Die 70-jarige voormalige krieket-ster het aan sy ondersteuners gesê hy het vroeër weens veiligheidsredes nie in die hof verskyn nie.