Oud-onderwyser kry borgtog vir seksuele voorbereiding
‘n Vier-en-dertig-jarige voormalige onderwyser aan die St Mary’s Diocesan School for Girls in Pretoria is borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand in die Pretoriase Landdroshof toegestaan toe hy op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en seksuele voorbereiding verskyn het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se Gautengse woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê daar word beweer die onderwyser het tussen 2017 en ’18, ‘n graad 5-leerder tydens swemlesse en ekstra klasse misbruik. Mahanjana sê die saak is tot die 27ste Maart uitgestel vir verdere ondersoek.