Oud-ombud reageer op miljoenêrs, sê ongelykheid neem toe

Die voormalige ombudsman, advokaat John Walters, sê die aankondiging dat Namibië ‘n verstommende 2 100 miljoenêrs het is geen verrassing nie. Volgens die verslag word ‘n miljoenêr gedefinieer as ‘n persoon met ‘n rykdom van 1 miljoen Amerikaanse dollars of meer. Volgens Walters word die rykes ryker en die armes armer en so ontbreek basiese dienste al hoe meer vir die wat nie van die geld beskik nie.