Oud-Nampollid en ma wat van moord op kind aangekla word, sal op Keetmans verskyn

Die voormalige Namibiese polisiebeampte Lucia Boois, wat daarvan aangekla word dat sy haar eenjarige baba, Amare Boois, verlede Donderdag by Bethanie vermoor het, sal Vrydag in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn. Sy het Dinsdag in die Bethanie rondgaande hof op aanklagte van moord en regsverydeling verskyn. Die saak is na die Keetmanshoop-landdros verwys vir pleit- en verhoor-doeleindes. Die liggaam van die eenjarige baba-meisie is volgens die Nampol begrawe in ‘n vlak graf wat met klippe bedek is op die plaas Bucholzbrunn in die Bethanie-distrik.