Oud-minister Hanse-Himarwa sterf

Die Windhoek Observer-aanlyn publikasie berig dat oud-onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa vanoggend in die ouderdom van 57 oorlede is. Volgens die publikasie is dit aan hom deur ‘n familielid bevestig. Hanse-Himarwa is twee jaar terug met kanker gediagnoseer. Sy is in 2019 skuldig bevind aan korrupsie na sy twee name van begunstigdes van die oorspronklike massabehuisingsprojeklys by Mariental verwyder het tot voordeel van haar familieliede. Dit het gebeur tydens haar ampstermyn as goewerneur van die Hardap-streek.