Oud-gesondheidminister sê ingewandskoors kan na Namibië versprei

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het gisteraand gesê hy is nie bewus van enige gevalle van ingewandskoors in Namibië nie, nadat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika die uitbreking van ingewandskoors in die buurland bevestig het. Daar is 64 gevalle van ingewandskoors in die Wes-Kaap aangemeld, 18 in Noordwes, 45 in Gauteng, 12 in Mpumalanga, nege in KwaZulu-Natal, sewe in die Oos-Kaap en vier elk in die Vrystaat en Limpopo. Gemeenskappe in Namibië is kwesbaar, veral in informele nedersettings waar daar onvoldoende toiletgeriewe is. Dr. Bernard Haufiku, ‘n mediese dokter en voormalige Namibiese gesondheidsminister, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit kan na Namibië versprei.