Oud-gesondheidminister praat oor middelmanne, tenders

Die middelman in tenders bly in die nuus. Die gesondheidministerie word gereeld geroskam omdat middelmanne in sy tenderprosesse glo pryse opstoot. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het verduidelik dat items net duurder word wanneer dit nie onder kontrak is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Bernhard Haufiku, oud-gesondheidsminister, wat sy mening oor die middelman in die tenderproses gee.