Oud-Eskombaas vaar uit teen staatskaping bevindings

Die voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, het te velde getrek teen deel vier van die staatskapingverslag. Die verslag het aanbeveel dat Koko ondersoek en moontlik vervolg word vir ‘n reeks transaksies wat verband hou met die Guptas en die staatsentiteit. Volgens hoofregter Raymond Zondo was die voormalige hoof en ander uitvoerende beamptes ten nouste deel van die Guptas se korrupsie. Koko hou vol die staatskapingsondersoek was ‘n mors van tyd: