Oud-burgemeester skuldig aan aanranding

Die voormalige burgemeester van die Matjhabeng plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat, Thanduxolo Khalipha, is in die Landdroshof in Odendaalsrus skuldig bevind aan aanranding en neerhalende opmerkings. Hy is deur die ANC geskors kragtens die opsystaanreël na die aanklagte. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag Mojalefa Senokoatsane sê Khalipha is skuldig bevind aan aanranding en die belediging van sy bestuurder en lyfwag tydens ‘n onstuimige gemeenskapsvergadering in April waar spanning hoogty gevier het.