Oud-Aussie toetskolwer wil Italië na 2026 T20-Wêreldbeker help
Krieket: Die voormalige Australiese toetskolwer, Joe Burns, wil Italië help om vir 2026 se T20-Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer, ter ere van sy broer, Dominic, wat in Februarie oorlede is. Die 34-jarige het tussen 2014 en 2020 in 23 toetse vir die Baggy Green gespeel. Hy kwalifiseer deur sy ma se Italiaanse afkoms. Burns sê hy onthou sy grootouers se waagmoed om Italië te verlaat om ‘n nuwe lewe in Australië te begin. Italië het nog nooit voorheen gekwalifiseer vir ‘n Wêreldbekertoernooi in enige formaat nie.