Oud-assistent dagvaar Kanye West vir seksuele teistering
Kanye West word gedagvaar vir seksuele teistering, kontrakbreuk en onregmatige beëindiging deur ‘n vrou wat vir twee jaar sy assistent was. Lauren Pisciotta beweer dat West vir haar skandelike boodskappe gestuur het en seksdade uitgevoer het terwyl hulle op die telefoon gepraat het. Sy beweer sy is in 2022 afgedank, maar dat ‘n 56 miljoen Namibiese dollar skeidingspakket nooit betaal is nie. Hofstukke is Maandag in Amerika ingedien.