Otweya-inwoners kry krag, eienaarskap

Plaaslike berigte lui dat die Otweya-nedersetting op Walvisbaai geëlektrifiseer sal word en inwoners sal ook titelaktes vir hul eiendom ontvang. Die woonbuurt, voorheen bekend as Twaloloka, het ‘n verwoestende brand in Julie 2020 beleef. Volgens die Walvisbaai-raadslid Donatus Tegako is die misverstand met grondeienaarskap en die substasie wat in ErongoRed se naam oorgedra moet word, uiteindelik opgelos. Volgens Tegako sal die aktes onmiddellik geregistreer word wanneer die krag aangelê is maar voeg by dat daar geen informele struktuur enige plek op die erf opgerig mag wees nie.