Otweya brand weer, 200 huise verwoes

Die Erongo polisie sê ongeveer 200 informele huise is in Vrydagaand se brand in Walvisbaai verwoes. Die brand, in wat die polisie as ‘n deel van Otweya in Gerson Munengunistraat beskryf, het ongeveer half-sewe ontstaan en die oorsaak is onbekend. Die oorskot van een man is in die puin gevind en owerhede werk hard om hom te identifiseer. ‘n Ondersoek na die oorsaak van die brand is gelas. ‘n Reuse brand het in Julie 2020 honderde huise in dieselfde nedersetting verwoes en dit is toe hernoem van Twaloloka na Otweya.