Ottawa-staking het negatiewe uitwerking op VSA-ekonomie

Die Withuis se perssekretaris, Jen Psaki, sê Kanadese vragmotorbestuurders se betoging kan ‘n uitwerking hê op die Amerikaanse ekonomie. Hulle betoog reeds twee weke lank in Ottawa teen Covid-19-inentingsmandate en -beperkings. Die sluiting van die Ambassadeur-brug veral betekenisvol omdat byna 30 persent van die jaarlikse handel tussen Amerika en Kanada daaroor vervoer word. Ford en Toyota het reeds aangekondig dat hulle ‘n mate van produksie staak omdat die grens toe is. Psaki sê hulle hou die situasie fyn dop: