Otjozondjupa vergader oor veediefstal

Veediefstal in Namibië neem toe ten spyte van pogings deur wetstoepassingsagentskappe en die gemeenskap wat aanhou om die misdaad te probeer bekamp. Boere het tussen 2015 en 2020 skade van byna 220 miljoen Namibiese dollar weens dié misdaad gely. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, gepraat wat sê dat hulle op 7 Februarie ‘n vergadering met boere, die polisie en verskillende entiteite sal hou oor veediefstal in die streek.