Otjozondjupa-huishoudings het groot voedseltekorte

Die Otjozondjupa-streekraad het die kriteria vir droogtehulpverlening gewysig om huishoudings in informele nedersettings in te sluit. Dit is bevestig deur die Streekraadsvoorsitter, Marlene Mbakera, wat ook voorsitter is van die streek se ramprisikobestuurskomitee. Sowat 5 000 huishoudings in informele nedersettings in die streek se vyf groot dorpe sal baat vind by die droogtehulp ingevolge die buitestedelike program. Hulle sluit nou aan by ‘n lys van 15 960 geregistreerde huishoudings, wat die vraag opstoot. Volgens Mbakera moet daar beter beheer oor die droogtehulp wees om te verhoed dat gesinne wat reeds hulp ontvang het, weer ontvang.