Otjomuise se twee laerskole is propvol

Meer as 50 graad 0- en graad 1-leerders is gestrand in die Otjomuise-woonbuurt van Windhoek met die enigste twee primêre skole in die gebied wat hul kapasiteit bereik het om nog leerders vir die 2022 akademiese jaar in te neem. Otjomuise is deel van die snelgroeiendste informele nedersettings van 8ste Laan en 7de Laan, waar talle ouers nie ander heenkome vir hul kinders het nie weens finansiële beperkinge. Skole het vandag geopen en talle ouers het in lang rye gestaan om hul kinders by skole in te skryf. Dylan Mukoroli, woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente Organisasie, Nanso, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor hierdie situasie en die rol wat hulle speel.