Otjikoto Biomassa-kragstasie sal krag opwek uit bosse
Die regering het 400 miljoen Namibiese dollar in die begroting toegewys vir die ontwikkeling van die 40-megawatt Otjikoto Biomassa-kragstasie, aan die buitewyke van Tsumeb in die Oshikoto-streek. NamPower is dus besig om met die ontwikkeling van die projek te begin, wat na raming 1,9 miljard dollar sal kos. Die kragstasie sal elektrisiteit opwek deur die verbranding van houtspaanders van indringerbos wat uit omliggende gebiede geoes sal word. Indringerbos raak meer as 26 miljoen hektaar grond in Namibië. Dit lei tot ‘n verswakkende biodiversiteit, lae drakrag van die landbougrond en ‘n afname in die aanvulling van die land se akwifere. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur by Agribank se Adviesdienste, gesels oor hoekom hierdie projek belangrik is.