Otji-inwoners moet ingelig word oor padplan – paaie lyk uiters sleg
Nes talle ander dorpe regoor die land, is die padinfrastruktuur op Otjiwarongo baie sleg. Daar word dringende ingryping benodig. Die munisipaliteit het ‘n ooreenkoms met die Padowerheid en die Padfondsadministrasie aangegaan om die padnetwerk op te gradeer al is nasionale paaie eintlik die twee maatskappye se mandaat. Die voorsitter van die Otjozondjupa-streekbestuurskomitee, Marlene Mbakera, erken padtoestande is ‘n groot uitdaging en sê dat inwoners ingelig moet word oor die vordering van die rehabilitasieproses om spekulasie te vermy.