Otji-inwoners kry vandag gratis regsadvies

Die gemiddelde Namibiër kan nie regsverteenwoordiging bekostig nie. Daarom is die Kantoor van die Ombudsman in samewerking met die Prokureursorde, tans besig met hul gratis regsadviesdae wat regoor die land aangebied word. Vandag kan inwoners van Otjiwarongo aan vanmiddag vanaf half-twee tot ses-uur die Swanevelder-gemeenskapsaal besoek. Die Prokureursorde sal gratis regsadvies gee oor testamente en boedels, gesinsgeweld, egskeiding, arbeidsaangeleenthede en ander regsverwante aangeleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het met Aurelia David, skakelbeampte by die Kantoor van die Ombudsman gesels…