Oteya gesels oor musiekbedryf na Covid

Die Namibiese musiekbedryf het soos alle ander bedrywe in die land en wêreldwyd die impak van die Covid-pandemie gevoel. Musikante wat hul inkomste deur musiekvertonings verdien het swaar gekry met konserte wat beperk was. Twee jaar later lyk dit of dinge na normaliteit terugkeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die sangeres Dapheney Willibard, bekend as Oteya, gesels oor die huidige stand van sake .