Osona-veldbrand op pad na Midgard

Dave Viljoen is tans op grondvlak by die veldbrand wat by die Osona-weermagbasis naby Okahandja begin en al reeds meer as 50 000 hektaar afgebrand het. Dit het groot verliese veroorsaak op die plase Bergquell, Teufelsbach en Ovitoto. Die brand het in die rigting van Midgard beweeg en moeilik begaanbaar vir brandbestryders is. Viljoen, eienaar van Dave Traffic Consultancy, het die jongste nuus oor die veldbrand.