Oshikoto kry 39 boorgate

In ‘n poging om ernstige watertekorte in die Oshikoto-streek te verlig, gaan daar voor die einde van Maart 39 boorgate deur die landbou-ministerie in verskeie kiesafdelings geïnstalleer word. Tenders is reeds aan kontrakteurs toegestaan wat begin het om boorgate te boor en te installeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Nghipandulwa, die landbou-ministerie se woordvoerder, gesels.