Oshikoto kla oor dienslewering van maatskappye met tenders

Die Oshikoto-streeksraad se hoofstreeksbeampte, Christella Mwenyo, het kommer uitgespreek oor die swak dienslewering  van sommige maatskappye wat tenders ontvang. Sy sê die grootste uitdaging wat hulle het, is dat ontwikkelingsprojekte nie op die vasgestelde tyd begin en voltooi word nie. Sy sê die raad is ontevrede met die manier waarop kapitaalprojekte geïmplementeer word. Sy kla ook oor die swak paaie in die streek. Sy sê die raad moet maatskappye op hul tone hou anders sal niks gedoen word nie. Tenders word gereeld nie voltooi in landelike gebiede nie.