Oshikoto het die duurste landbougrond

Namibië se kommersiële landbougrond het ‘n styging van 21,1 persent in pryse oor die afgelope agt jaar aangeteken. The Brief berig dat die Namibiese Statistieke-agentskap se prysindeks-bulletin vir 2023 toon dat in 2015 was die gemiddelde prys vir kommersiële landbougrond in 1 376,50 Namibiese dollar per hektaar en dit het oor die jare ‘n bestendige styging getoon en het in 2023 1 667,55 dollar bereik. Die duurste grond is in die Oshikoto-streek teen net meer as 2 700 dollar met Omaheke tweede teen 2 213 dollar. Otjozondjupa se grond verkoop teen 1 951 dollar per hektaar met Khomas rondom 1 800 dollar met die goedkoopste grond in Karas teen 804 dollar.