Oshikango maak 24-uur oop, maar wat van ngungula?
Binnelandse sake-minister Albert Kawana en sy Angolese eweknie, Eugenio Cesar Laborinho, het in Junie aangekondig dat die Oshikango-grenspos 24 uur per dag oop sal wees. Ná die aankondiging het die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba, kommer oor ‘n moontlike toename in brandstofsmokkelary tydens ‘n vergadering met president Nangolo Mbumba geopper. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde, wat beaam dat die situasie vererger het.