Oshana-streek vra hulp vir vloedslagoffers

Die Risikorampkomitee in die Oshana-streek het ‘n beroep op alle belanghebbendes en die sakegemeenskap gedoen om te help met skenkings vir vloedslagoffers in die streek. Die komitee sê die vloed, wat die afgelope weke ervaar is, het 49 huise vernietig en talle paaie dwarsdeur die streek beskadig. Die gevolge van die vloed het ongeveer 300 mense met geen slaapplek gelaat nie en voedsel, tente, muskietnette, kano’s of bote is nodig. Chemikalieë skenkings om muskiete te beheer en watersuiweringstablette is ook nodig. Volgens die komitee sal sakke sand, watertenks, mobiele toilette, konstruksiedienste om paaie reg te maak, vuurmaakhout, komberse, matrasse, reddingsbaadjies en reflektiewe baadjies vir amptenare ook verwelkom word.