Oshana-Nampol bevorder 42 lede, 17 van hulle vroue

Die Namibiese Polisiemag in die Oshana-streek het 42 lede bevorder tot die geledere van hoofinspekteur, senior inspekteur en inspekteur, effektief 1 Februarie. NamPol se Oshana-bevelvoerder, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, sê dit sluit in vyf hoofinspekteurs, ses senior inspekteurs en 32 inspekteurs, waarvan 17 vrouens is. In 2023 is altesaam 460 polisiebeamptes tot verskeie range in die streek bevorder, met vroue wat 50,3 persent van die totaal uitgemaak het.