Oshakati munisipaliteit bied renteverligting op agterstallige rekeningeSeptember 20, 2023

Die Oshakati-dorpsraad het ‘n resolusie aanvaar om 100 persent renteverligting te bied op inwoners se uitstaande munisipale rekeninge. Munisipale woordvoerder Katarina Kamari sê die raad se skuld staan tans op meer as 80 miljoen Namibiese dollar, wat elke maand toeneem weens wanbetaling. Die program sal vir 10 maande loop, effektief vanaf September 2023 tot Junie 2024. Die besluit is geneem om rekeninghouers aan te moedig om vir hul munisipale dienste te betaal en sodat kliënte met agterstallige rekeninge hul skuld kan delg. Kamari sê die program is ook van toepassing op alle munisipale rekeninge, ingesluit die van koshuise, skole, besighede, nie-winsgewende organisasies, gemeenskapsgebaseerde organisasies, kerke, regering en semi-staatsinstellings.