Oshakati-dorpsraad bou bekostigbare woonstelle
Die Oshakati-dorpsraad het ‘n omvattende ontwikkelingsplan begin om bekostigbare munisipale woonstelle te bou. Raadswoordvoerder Katarina Kamari sê hulle bou 16 woonstelle vir lae-inkomsteverdieners en mense wat nuut in die dorp is op soek na werk. Die 2,7 miljoen Namibiese dollar-projek het op 30 Junie in Oshakati-Wes begin en sal na verwagting teen 30 Oktober voltooi wees. Kamari sê die woonstelle sal teen gesubsidieerde tariewe beskikbaar wees om bekostigbaarheid vir alle kwalifiserende inwoners te verseker. Sy sê die doel van die projek is om die raad se batebasis te vergroot, en om te verseker dat meer inwoners toegang het tot kwaliteit leefruimtes teen billike pryse.