Oseaan is uiters belangrike bron vir Namibië

Namibië sluit aan by die res van die wêreld om Wêreld Oseaandag môre, op 8 Junie, te herdenk, onder die tema Kataliseringsaksie vir ons oseane en klimaat. Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum is die see se natuurlike kapitaal reusagtig en dra dit jaarliks 70 miljard Amerikaanse dollar tot die globale BBP by. Die regering herdenk vandag amptelik die dag by Independence Beach in Walvisbaai. President Nangolo Mbumba het die hoofrede gelewer.