Oscar Pistorius skuif na Oos-Kaapse tronk

Die Oos-Kaapse prokureur, Tania Koen wat Reeva Steenkamp se ouers in Gqeberha verteenwoordig, sê hulle is bewus dat hulle dogter se moordenaar, Oscar Pistorius, na die St Albans-gevangenis in dié stad verskuif is. Hy het in Julie vir parool in aanmerking gekom ná ‘n beslissing van die Appèlhof. Steenkamp se pa is siek en sê hy kan nie reis om Pistorius te sien nie. ‘n Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Singabakho Nxumalo, het bevestig hulle moes logistieke reëlings tref om Pistorius na ‘n ander gevangenis te skuif.