Oscar Pistorius se prokureur bekommerd oor sloer van sy parool

Oscar Pistorius se prokureur, Julian Knight, sê hulle is bekommerd oor die vertraging in die oorweging van die voormalige Paralimpiese atleet se geskiktheid om in aanmerking te kom vir parool. Pistorius is in November verlede jaar vanaf ‘n korrektiewe instelling in Pretoria oorgeplaas na ‘n tronk in Gqeberha in die Oos-Kaap, as deel van ‘n parool-proses. Knight het gesê Pistorius behoort op parool uit te wees.

Knight sê hulle sal nou die hof moet nader.