Osaka uitgeskakel by Wimbledon

Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, en verdedigende kampioen Carlos Alcaraz is deur na die derde ronde by Wimbledon. In die vroue-afdeling het die Amerikaner, Emma Navarro, Naomi Osaka van Japan met 6-4, 6-1 verslaan terwyl die Brit, Emma Raducanu, in die derde ronde teen die Amerikaner, Coco Gauff, kragte meet.