Osaka, Raducanu onder promotorskeuses vir Wimbledon
Tennis: Naomi Osaka van Japan is een van vier Grand Slam-toernooikampioene wat as promotorskeuses ingesluit is by die hoofloting vir aanstaande maand se vroue-enkelspel by Wimbledon. Die 26-jarige voormalige wêreld nommer een en tweemalige wenner van sowel die Australiese as die Amerikaanse Ope speel die eerste keer in vyf jaar in die hoofloting op Wimbledon, sedert sy ‘n ma geword het. Die voormalige Australiese Ope-kampioen, Caroline Wozniacki, die Wimbledon-kampioen van 2018, Angelique Kerber, van Duitsland en die plaaslike gunsteling, Emma Raducanu, is ook promotorskeuses.