Osaka hoop om Swiatek in Franse Ope te ontsetel

Tennis: Naomi Osaka, wat nog nooit verder as die derde ronde van die Franse Ope kon vorder nie, sê sy is baie opgewonde om vandag in die tweede ronde teen die gunsteling, Iga Swiatek van Pole, te staan te kom. Osaka, ‘n gewese nommer een speler, het die eerste maal sedert 2022 ‘n Grand Slam-wedstryd gewen toe sy Lucia Bonzetti geklop het. Die Japannese ster het vroeër vanjaar na die tennisbaan teruggekeer ná ‘n ruskans van 16 maande waartydens sy ‘n baba gehad het.