Osaka gaan weer vir Billie Jean King

Tennis: Die voormalige wêreldnommer-een, Naomi Osaka van Japan, beplan om vanjaar die eerste keer in vier jaar aan die Billie Jean King-bekerkompetisie deel te neem. Die viermalige Grand Slam-kampioen sal haar land in volgende maand se kwalifiseringswedstryd teen Kazakstan in Tokio verteenwoordig. Die wenner sal in November in die eindronde in Spanje speel. Osaka het dié seisoen haar terugkeer gemaak, nadat sy 15 maande nie gespeel het nie, na die geboorte van haar eersteling. Sy is tans nommer 287 op die wêreldranglys.