Orkaan Helene was ‘geskiedkundig’

Die Amerikaanse president Joe Biden het Orkaan Helene as geskiedkundig bestempel met ten minste tien state wat deurgeloop het. Nagenoeg 116 mense is dood nadat Helene verlede Donderdag in Florida aangeland het. Dit het as kategorie vier begin en die kragtigste op rekord geword om Florida se Big Bend te tref, voordat dit noord na Georgia, die Carolinas en Tennessee beweeg het. Biden, wat die gebied later die week sal besoek, sê 600 mense word vermis: