Orkaan Helene tref Georgia na vernietiging in Florida

Drie mense is dood en meer as ‘n miljoen sit sonder krag nadat Orkaan Helene meedoënloos deur die Amerikaanse staat Florida tot in Georgia beweeg het. Een van die ergste storms in menseheugenis in Florida is nou op koers na een van die land se grootste stede, Atlanta. President Joe Biden het inwoners versoek om ag te slaan op waarskuwings oor ontruiming. In die Taylor-distrik het owerhede mense wat nie wou ontruim nie, gevra om hulle name en geboortedatums in permanente ink op hulle arms te skryf om hulle te kan identifiseer en familielede in kennis te stel.