Orkaan Beryl eis nog lewens

Die dodetal in die vernietiging deur die orkaan Beryl oor die Karibiese Eilande het tot agt gestyg nadat een mens in Jamaika dood is. Die orkaan is een van die hewigste ooit oor die gebied. Dit is die vroegste kategorie-vyf-storm wat ooit in die Atlantiese Oseaan aangemeld is, maar het intussen tot kategorie vier verswak. Beryl beweeg na die Kaaiman-eilande en sal volgens weervoorspellers vanaand of môre-oggend Meksiko se Yucatan-skiereiland steeds as ‘n orkaan bereik.