Organisasie veg vir goeie gehalte Namibiese opvoeding

Die National African Students’ Association sê die vereniging beywer hom vir die verbetering van onderrrig van studente en leerders regoor Namibië. Sekretaris-generaal Daniel Shiimi het gepraat by die viering van NASA se 5de nasionale bestaansjaar in Windhoek. Shiimi het ‘n gebrek aan internetverbindings en rekenaars by sommige  skole as ‘n groot probleem beskryf. Wat basiese onderwys betref, het hy gewys op die kwessie van beperkte leerfasiliteite soos klaskamers, en ander onderrig-hulpbronne – asook ‘n gebrek aan sportfasiliteite.