Organisasie soek strenger optrede in geslagsgeweldsake

Die Organisasie vir die Ontwikkeling van Landelike en Plaaswerkers vra strenger maatreëls in geslagsgeweldsake na die inhegtenisneming van ‘n 17-jarige seun in verband met die moord op ‘n skoolmeisie van Caledon, Deveney Nel. Die 16-jarige is doodgesteek en haar liggaam in ‘n pakkamer by die Hoërskool Overberg versteek. Die tiener, volgens berigte ‘n leerder aan dieselfde skool, is in ‘n plek van veiligheid geplaas na sy verskyning in die plaaslike Landdroshof. Die organisasie se uitvoerende direkteur, Billy Claasen, vra  strenger maatreëls teen  geslagsgeweld-oortreders.