Orban vra vir skietstilstand tydens besoek aan Kiëf

Die Hongaarse eerste minister, Viktor Orban, sê ‘n wapenstilstand in Oekraïne kan help om vredesonderhandelings met Rusland te bespoedig. Orban, wat een van die Europese leiers is wat die Russiese president, Vladimir Putin, die meeste ondersteun, het Kiëf besoek vir samesprekings met die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky. Hy het voorgestel ‘n vinnige wapenstilstand kan vredesgesprekke versnel. Orban sê Hongarye sal tot Oekraïne se beskikking wees in sy huidige rol as roterende president van die Europese Unie se Raad, en het beklemtoon hoe belangrik vrede vir die hele Europa is.